
meer oor ons
Welkom by Lede in Christus Robertson, waar ons glo dat die Heilige Gees steeds die krag en vermoë het om ons lewens heeltemal te verander. By ons kerk kan jy die liefde van Christus ervaar en saam met ons in jou geloof groei. Ons is passievol oor die evangelie en gebruik elke kans wat ons kry om die Goeie Nuus te versprei. Ons streef na 'n omgewing waar almal welkom sal voel en dat hulle 'n ontmoeting met die Here sal hê.
​
Ons probeer om 'n verskeidenheid dienste en aktiwiteite aan te bied en wil in behoeftes in ons gemeenskap voorsien. Ons anker is in ons Sondagoggenddienste, maar ons het ook 'n midweekdiens op Woensdae, en kleiner groepe wat bymekaar kom. Ons sien ook uit daarna om spesiale aanbiedinge vir kinders, jongmense en hele gesinne te gee. Wanneer ons saam kan uitreik na diegene wat hulp nodig het, dan kom ons almal saam om 'n helpende hand te bied.
ONS LEIERS

Johnny Roberts
Presiderende Pastoor
john.s.roberts@outlook.com
+27 83 381 0766
