top of page

"Wat as ...?"

  • Writer: Past. Johnny Roberts
    Past. Johnny Roberts
  • May 16, 2024
  • 2 min read

Ons is op die oomblik besig met Pinkster wag tyd.  Wag jy nog op die Heilige Gees?  Die Here het gelei dat ons sou praat oor ‘n paar verhale wat begin met verskeie woorde – die eerste frase gisteraand “Wat as ... ?”. Die woorde “wat as” gee vir ons ‘n indikasie van iets wat ons wil veronderstel dat dit so is, en dan evalueer ons die ander inligting op daardie basis.  Ons het gepraat oor ‘n paar sulke vrae, en ek het meer hieronder geplaas vir jou om self deur te werk en daaroor te reflekteer. 

 

Ons begin met die vraag: Wat as die Heilige Gees vandag van ons weg geneem sou word? Ek het ook vanoggend afgekom op hierdie aanhaling van A.W. Tozer - Aiden Wilson Tozer was ‘n Amerikaanse pastoor in die vroeë 1920s.  Hy het geen teologiese opvoeding gehad nie, en het self tot bekering gekom nadat hy ‘n straat prediker gehoor het wat gesê het, as jy nie weet hoe om gered te word nie, roep net na die Here en sê: “Here, wees my arme sondaar genadig”. Sy woorde hieronder, is vandag nog meer waar as wat dit dalk was toe hy dit geuiter het.  If the Holy Spirit was withdrawn from the church today, 95 percent of what we do would go on and no one would know the difference. If the Holy Spirit had been withdrawn from the New Testament church, 95 percent of what they did would stop, and everybody would know the difference A.W. Tozer (1897 – 1963)

 

  1. Wat as ons werklik geglo het in die krag van die Heilige Gees om lewens te transformeer?

  2. Wat as ek misluk, selfs met die hulp van die Heilige Gees?

  3. Wat as ons elke dag met verwagting benader, in die vooruitsig van die Gees se leiding en leiding?

  4. Wat as ek nie duidelik hoor wat die Heilige Gees sê nie?

  5. Wat as ons ons vrese en onsekerhede loslaat en met geloof uitstap, terwyl ons vertrou dat die Gees ons sal bemagtig?

  6. Wat as die Heilige Gees my vra om iets te doen wat ek nie kan nie?

  7. Wat as ons die durf gehad het om groot drome te droom en vurige visioene na te streef, wetende dat niks onmoontlik is met God nie?

  8. Wat as die pad wat die Heilige Gees my lei, moeilik en vol uitdagings is?

  9. Wat as ons terugslae en mislukkings nie as struikelblokke sien nie, maar as geleenthede vir die Gees om verlossing en herstel te bewerk?

  10. Wat as ek die Heilige Gees verkeerd verstaan en foute maak?

  11. Wat as ons onsekerheid omhels, vertrouend dat die Gees se leiding voldoende is vir elke stap van die reis?

  12. Wat as ek nie seker is dat dit die Heilige Gees is wat met my praat nie?

  13. Wat as ek die Heilige Gees nie kan voel nie?  Wat as ek die Heilige Gees nie kan hoor of vind nie?

  14. Wat as die Heilige Gees nie belangstel in my nie?

Commentaires


LEDE IN CHRISTUS
ROBERTSON

Leeuwinlaan 1

Robertson, 6705

logo_bw-removebg-preview.png

Thank you for your query

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon
Logo design_edited.png

Ontwerp deur Lede in Christ Robertson. Gedryf en ondersteun deur Wix

bottom of page